Van rou tot vegan: Wat is die beste kos vir jou hond?

ETENSTYD

Van rou tot vegan: Wat is die beste kos vir jou hond?

Haar bure is rouvleis-fanatici. Haar haarkapper verkoop veganistiese hondekos op die rak langs die duur ingevoerde sjampoes. Op die plaas kry die honde mieliepap en bene. Haar eie hond trek haar neus op vir droë korrels sonder iets bo-oor. Wat is nou eintlik die beste dieet vir honde? ANNELIESE BURGESS het gaan ondersoek instel, en jy sal verstom wees oor wat sy alles uitgevind het!

DIS Maandagoggend se aanlyn redaksievergadering. Eers spring Gumi, Max se Italiaanse windhond, op sy skoot. Daar word gekoer. Gumi mag haar naam wees, maar daar word voor en agter ge-Poppels en ge-Tienkel (volgens Max hou honde daarvan om meer as een naam te hê).

Dan kyk ons na Laureen se alles-behalwe-opregte Yorkie, Krismisrosie (sy het haar eie Instagram-rekening), wat saam met Sadie-van-Houtbaai-hawe ewe uitgestrek op ’n baie stylvolle bank lê. Willem tel vir Fielies op sy skoot. Sy ander name is Ginsberg of Ginsey (ja, na Alan Ginsberg). En Elmari wys haar vriendin se wit, wollerige Maltese hondjie, Bessie. Dis net ek wat nie die brommerige Snowy van die bank kan lok om te kom gesig wys nie (Snowy doen nie people pleasing nie.)

Ons praat oor hondekos. Max se honde kry net droë hondekoskorrels. Ek meng meestal nat kos en droë korrels. En soms kook ek  'n rys-vleis-wortel-ertjie-mengsel vir ou tante vol fiemies Snowy. My bure bestee 'n fortuin aan 'n spesiaal geformuleerde rouvleisdieet. Maar wat presies is die beste kos vir honde? ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.