Blydskapnavorser: ‘Almal was net so donners stukkend’

INNERLIKE KRAGRESERWE

Blydskapnavorser: ‘Almal was net so donners stukkend’

Mense se kapasiteit om trauma nie net te oorleef nie, maar sterker anderkant uit te kom, is wat hom die meeste inspireer, sê Johannes de Villiers, joernalis en een van Suid-Afrika se voorste mindfulness-praktisyns en blydskapnavorsers. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels.

“BLYDSKAP is nie mense wat sit en spookasem eet en giggel en Leon Schuster-movies kyk nie. Blydskap is ’n manier van lewe waar jy ophou om jou eie lewe te resent vir die feit dat dit feilbaar en onvolmaak is. Want as jy gaan wag tot jou lewe volmaak is voor jy gelukkig is, gaan jy baie lank wag.”

So sê Johannes de Villiers, joernalis en een van Suid-Afrika se voorste blydskapnavorsers. Hy verdiep hom nou al vir langer as twee dekades in meditasie en bewustelikheid (mindfulness).

“Dit het begin met bietjie van ’n hippie wees, wat jy nie sou raai nie want ek lyk nou so skaflik,” lag hy. Hy vertel hoe hy in 2000 Londen toe is om te probeer geld maak, want hy wou in Indië en die Himalajas gaan reis. En toe, heel per toeval, ontdek hy daar ’n Boeddhistiese organisasie wat meditasieklasse aanbied...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.