Maties: Daar is iets aan Louise ...

NUWE LEIERSKAP BY US-KONVOKASIE

Maties: Daar is iets aan Louise ...

Ja, Stellenbosch staan inderdaad vir ’n idee – dat almal welkom is daar en dat liewe Jesus dit nie net vir Afrikaners gegee het om mee te maak wat hulle wil nie. So sê Louise van Rhyn, die vrou wat die gesig was van ’n konvokasiegroepering wat die stem vir inklusiwiteit by die universiteit wil laat hoor. ANNELIESE BURGESS gesels met haar oor die baie persoonlike redes hoekom sy in die proses betrokke geraak het, oor die rol wat Afrikaners kan speel om verandering teweeg te bring, en hoe haar verlede haar gevorm het om juis dít te wil doen.

LOUISE VAN RHYN, ’n vrou wat al as een van die wêreld se voorste bestuursdenkers geëer is, het om ’n verbasend persoonlike rede betrokke geraak by SUNewConvoRise, ’n veldtog vir inklusiwiteit aan die Universiteit Stellenbosch (US).

“Ek het myself ’n paar jaar gelede in ’n situasie bevind waar ’n groep mense my onregverdig geteiken het,” vertel sy my op Zoom vanuit die agtersitplek in ’n Uber op pad huis toe uit die Kaapse middestad.

“Dit was ’n bloedige ervaring, en daar was baie mense wat gesien het wat met my gebeur, maar wat stilgebly het. Ek het ná daardie ervaring besluit dat as ek ooit sou kon opstaan vir iemand wat onregverdig geteiken word, ek dit sal doen. En dít het gebeur met die rektor, Wim de Villiers...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.