US-konvokasie: twis of kaping?

SKEP JOU EIE NARRATIEF

US-konvokasie: twis of kaping?

Die verdeeldheid in die Universiteit Stellenbosch se konvokasie (US-gegradueerdes, huidige voltydse akademiese personeel en afgetrede vorige akademiese personeel) sal op 1 Junie met ’n buitengewone vergadering op ’n spits gedryf word wanneer lede van die konvokasie sal stem oor mosies van wantroue wat twee verskillende groeperings in die dagbestuur teen mekaar ingestel het. NINA BREYTENBACH ondersteun #SUNewConvoRise en sê die sogenaamde twis gaan eintlik net oor ’n gekaapte uitvoerende bestuur wat ’n neo-apartheid-agenda dryf en transformasie wil stuit.

INDIEN jy, soos die meeste regdenkende mense, nie noodwendig Rapport lees nie, is jy dalk nie bewus van die “twis” binne die US-konvokasie nie. Indien jy Rapport lees, is jy beslis bewus van die “twis”, maar hoewel jy waarskynlik die klok hoor lui het, weet jy klaarblyklik nie waar die bel hang nie. Dit wil voorkom of nóg Rapport, nóg Jan Heunis en sy ondersteuners, weet waar die bel hang.

Daar is geen twis binne die konvokasie nie – daar is ’n konvokasie, en daar is ’n gekaapte uitvoerende bestuur wat ’n neo-apartheid-agenda dryf. Hierdie tipe verwarring is een wat ek gereeld onder eerstejaar-regstudente opmerk wanneer hulle hulle eerste tutoriaal beantwoord. Wyl hulle argument pragtig is, het die vraag gevra watter kleur die lug is. Hulle het verduidelik hoekom die gras groen is. Ter duidelikheid oor die kwessie, die volgende:

Die Heunis-faksie maak van ’n oeroue argumenteringstegniek in die regsprofessie gebruik. Die taktiek werk as volg: Skep jou eie narratief, veroorsaak so veel moontlik verwarring deur irrelevante artikels in wetgewing te lys ter stawing van hierdie narratief, en argumenteer die narratief met die selfvertroue van ’n tweedehandsemotorhandelaar. Wanneer enige iemand jou narratief teengaan, maak jy hulle belaglik deur hulle voorkoms, geslag, ouderdom, taalmagtigheid, ras of kultuur aan te val. In hierdie geval is die gekose narratief die uitwissing van Afrikaans deur ’n “tannie wat net wil Ingels praat” en haar politikusmaatjie wat graag die konvokasiepresident-portefeulje vir homself wil hê. Hierdie narratief word in kort video’s verpak wat oor Facebook en WhatsApp gestuur word om die klas van 1963 op hol te jaag. Hierdie taktiek spreek egter van ’n gebrek aan intelligensie en etiek en kinderagtigheid wat moeilik is om te vereenselwig met ’n senior advokaat en sy hoogs geleerde ondersteuners...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.