’n Uitspansel van country skitter oor die land van die Lone Star

TEXAS-OBSESSIE

’n Uitspansel van country skitter oor die land van die Lone Star

FRED DE VRIES kon nie anders nie as om sy nuutgevonde liefde vir countrymusiek uit te leef tydens ’n onlangse besoek aan Texas ... van Willie Nelson se standbeeld tot ’n ontmoeting met ’n 92-jarige kunstenaar wat hom nader aan Bob Dylan gebring het.

KOM ons begin met ’n belydenis: Ek het nie altyd van countrymusiek gehou nie. Ek het dit schmaltzy en soetsappig gevind, kon die gekerm van ’n pedal steel guitar nie verdra nie, het gedink die liedjies is te basies, die melodieë te vrolik en die lirieke te simplisties. Drie akkoorde en dan die waarheid? Dan het ek liewer na The Clash of The Damned geluister.

Hier en daar kon ek saamleef met ’n song soos die Allman Brothers Band se “Ramblin’ Man”, of The Stills-Young Band se “Long May You Run”, maar oor die algemeen het ek dié genre geassosieer met konserwatisme en John Denver se ronde bril. Maar soos ons ouer en wyser word, verander ons smaak. So, in my plateversameling pryk The Damned, die Sex Pistols en The Clash nou langs Willie Nelson, Waylon Jennings en Steve Earle. Ek het trouens ’n hele afdeling net vir country. Toe ek dus onlangs deur Texas gereis het, was ek ook ’n country-and-western-toeris.

Dit het begin met koffie in Bandera, ’n klein stad noordwes van San Antonio wat spog dat dit die “Cowboy Capital of the World” is. Bandera is vol ouwêreldse sjarme met winkels wat stewels, hoede, gordels en hemde verkoop. Jy kan jou cowboy-fantasieë by enige van ’n menigte dude ranches of rodeo’s in die omgewing uitleef. Maar dit het gereën toe ek daar deurry, en die rhinestone-hemp wat ek wou hê, was nie in my nommer beskikbaar nie (cowboys is groot ouens), so ek het die rodeo’s en ranches vir ’n ander keer agtergelaat en noordwaarts verder gery...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.