G’n paaie lei na Beaumont, maar Johnny en Janis lok my soontoe

KLEIN BEGIN VIR 'N GROOT REIS

G’n paaie lei na Beaumont, maar Johnny en Janis lok my soontoe

FRED DE VRIES het op reis deur Texas die klein dorpie besoek waar twee van sy rockhelde hulle wortels gehad het.

“BEAUMONT," het ek vir die man agter die Dollar Car Rentals-toonbank op die lughawe in Houston gesê toe hy my vra: “Where y’all heading"? Hy lig sy wenkbroue so effens. Ek het begin twyfel, maar het myself kortgevat: Jy kan nie nou omdraai nie, Beaumont sal dit wees! En ek het die enjin van die slanke, gehuurde Chevrolet aangeskakel. Die wiele het gedraai en daar was ek, ooswaarts op pad op die I-10.

Beaumont is 'n klein dorpie in die suidooste van Texas en nie juis 'n algemene oornagplek vir besoekers aan die Lone Star-staat nie. Austin, die stad van Willie Nelson en Stevie Ray Vaughn, is baie meer aanloklik. So ook San Antonio. Maar hulle sou later kom. Beaumont was die plek wat ek gekies het om die eerste paar nagte van my Texas-reis deur te bring.

Die rede was eenvoudig: Ek wou die streek besoek wat twee van my rockhelde opgelewer het − Johnny Winter (1944-2014) en Janis Joplin (1943-1970). Winter is gebore in Leland, Mississippi, maar het in Beaumont grootgeword, terwyl Joplin in die buurdorp Port Anthony gebore en getoë is. Ek was nuuskierig om te sien hoe die ongetwyfeld konserwatiewe burgers van albei plekke (dis immers kleindorpse Texas) die omstrede sterre vereer het: een 'n manjifieke blues-kitaarspeler met albinisme, die ander 'n woeste sanger en feministiese rolmodel. Albei met 'n geskiedenis van ernstige dwelmmisbruik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.