Waar is al die blomme heen?

SONS OF MUD

Waar is al die blomme heen?

DEBORAH STEINMAIR het Johan Vlok Louw se nuwe roman oor die absurde brutaliteit van oorlog gelees.

EK het al meermale hier verwys na die Umuzi Trailblazer-reeks wat my mateloos beïndruk. Ek weet Fourie Botha is weg by Penguin Random House, en ek hoop nie hierdie druknaam gaan saam met hom verdwyn nie. Dit is presies die soort boeke waarvan ek hou: plaaslik, indringend, ongemaklik en digterlik.

Johan Vlok Louw se kort, kragtige roman Gap in the Hedge het lank by my gespook.

Toe ek sy nuwe roman, Sons of Mud, oopslaan, sak my moed in my skoene. Daar is al soveel oor die Grensoorlog geskryf. Ek weet dit sal nooit genoeg wees nie, soveel verontwaardiging moet aanhou uitdrukking vind, oor soveel sinnelose en argelose vernietiging van menselewens, en ek praat spesifiek van die oorlewendes, soos my broers. Die verteller wat eerste aan die woord is, is boonop ’n Engelse surfer dude van Durban wat glo hy het alles uitgesuss, dat hy situasies blitsig kan opsom en mense in tipes klassifiseer. Dit word weldra duidelik dat hy reg is, die surfer dude genaamd Andrew Howard-Smythe. En dat hy waarskynlik gay is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.