Ons is almal vlugtelinge, vreemdelinge en bywoners

DIE BOOTMENSE

Ons is almal vlugtelinge, vreemdelinge en bywoners

DEBORAH STEINMAIR het 'n ontstellende boek oor mense se wreedheid teenoor mense gelees, oor ontheemdes wat nêrens 'n holte vir die voet vind nie, en oor die stories wat ons laat oorleef.

ONS planeet en haar bewoners het vele mankemente. Om dit agter te kom, hoef jy nie eens boeke te lees nie. Maar soms, nee, dikwels, lees ek ’n boek wat nuwe lig werp op die oorsake en gevolge van ons universele trauma. Wandering Souls van Cecile Pin is so ’n boek.

Het jy al gehoor van intergenerasionele trauma? Droefheid, rou, trauma wat oor geslagte neerslag vind in mense se DNS – die kinders van Holocaust-oorlewendes het nooit deurgemaak wat hulle ouers moes deurmaak nie, maar hulle beërwe angstigheid en depressie. Plus: Hulle word deur beskadigde mense grootgemaak. Selfs hulle kinders is nie ongedeerd nie. Ja, daar is so iets soos sellulêre geheue.

Dit is dus baie ligsinnig om byvoorbeeld vir ’n swart jongmens in Suid-Afrika te sê: Jy is ’n born-free. Jy was in die duurste skole. Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is aan jou kant. Jy het geen agterstand meer nie. Want daardie mens is deels gevorm uit die woede, teleurstelling, vernedering en trauma van sy voorgeslagte. Wie weet hoe lank dit sal neem om daardie genetiese mengeldrankie te verdun...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.