EERSDAAGS verskyn Pieter P. Fourie se tweede boek, Ons skulde. Hy sê die skryfproses was anders as met sy debuut: “’n Hart is so groot soos ’n vuis was die uiteinde van ’n proses wat in Januarie 2017 begin het, toe die management coach by die werk voorgestel het dat ek iets kreatiefs doen om die rasionele bestuurskonteks op kantoor te balanseer – iets anders, suiwer vir pret.”
Toe hy ná amper vyf dekades van stilte die leuens en “huisdinge” begin verraai, kon hy nie ophou nie en het hy meer en meer onthou. “Daar was ’n punt toe HartVuis begin het om my te skryf, eerder as andersom. Ek weet dit klink airy-fairy, maar ek kan aan geen ander manier dink om daardie proses en koorsdroom te verklaar nie … geen skryfwerk sou moontlik gewees het voordat HartVuis daarop aangedring het om gehoor te word nie.”
Hy vertel hy het Ons skulde soos ’n projekbestuurder benader en die storielyn op ’n spreiblad uiteengesit: “’n Kompas eerder as ’n kaart om die spontaneïteit en die ‘hoog’ van kreatiwiteit te behou.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.