Dearest Do-Do, the hills are steeped in cosmic regret

DIE LAASTE DAE VAN ZELDA FITZGERALD

Dearest Do-Do, the hills are steeped in cosmic regret

Die literêre toeris MERCIA S. BURGER beland in Asheville, ’n dorpie in Noord-Carolina waar sy vir Zelda en Scott vind en duur martini’s drink op ’n reënerige dag.

ZELDA SAYRE en F. Scott Fitzgerald trou in April 1920, net mooi op die drumpel van die Jazz Age en die Roaring Twenties. Hy is die skrywer met die stem van sy generasie; sy is sy muse en inspirasie vir elk van sy vroulike hoofkarakters – Rosalind, die bedorwe flapper, Bernice wat haar hare bob, Gloria wat sip aan haar soveelste gin fizz, en die roekeloos bedorwe Daisy Buchanan. “I married the heroine of my stories.” Vir tien jaar loop hulle op sonskyn, met net ’n fyn-fyn stippellyn tussen sy fiksie en haar realiteit.

En tien jaar later (ook in April) word Zelda in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem met ’n diagnose van skisofrenie. Hulle lewe sou nou anders wees. “Zelda is always living in a house of thinly spun glass,” skryf Scott.

In 1936 is albei hier in Asheville, ’n dorpie in ’n kom tussen die Blue Ridge en Great Smoky Mountains. Scott sien ’n longspesialis en Zelda is gehospitaliseer. Hulle is albei gehawend. Die vars berglug, beveel dokters aan, is goed vir liggaam en siel, om weer asem te skep...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.