Swart soos noir is die beurtkragnag

WAT GAAN AAN BY DIE BURE?

Swart soos noir is die beurtkragnag

DEBORAH STEINMAIR selfmedikeer met twee sielkundige rillers wat haar eie lewe mak en beheerbaar laat lyk.

ONS leef in wilde, roekelose, moedeloosmakende dae. Wat maak jy as jy emosioneel oorweldig is?

As die lewenstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan
Tel jou seëninge, tel hul een vir een

Só lui die woorde van ’n Christelike liedjie en ja, soms kners ’n mens jou tande en tel jou seëninge soos skape. En wanneer dit nie meer help nie? Ek vermoed ek is soos Totius se tortel wat graag sy water troebel drink. Opbeurende sêgoed en inspirerende koortjies verlam my, donker klanke soos dié van Leonard Cohen en Nick Cave beur my op. En ek selfmedikeer graag met ’n huishoudelike noir of twee. Swart en bitter soos koffie of donker sjokolade...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.