Ek soek meer regte as mans

MENSTRUAL LEAVE

Ek soek meer regte as mans

Hoe sal die wêreld lyk as vroue in beheer is en al die groot keuses maak wat mans tans maak? vra MERCY KANNEMEYER.

EK en ’n vriendin gesels onlangs oor ons periods. Ons praat oor hoe ons nou al vir meer as 10 jaar menstrueer, en dat dit nog altyd elke maand so onverwags voel. Dit maak nie saak hoe hard jy jouself daarop voorberei nie, elke maand is bietjie van ’n skok. Elke maand voel soos ’n invasion in jou uterus. Elke maand sê ek vir myself, okay Merc, van hierdie week af gaan jy begin PMS ervaar, jy gaan dalk moody wees, jy gaan dalk buitengewoon lus wees vir snack, maar bowenal, jy gaan vir alles wil huil. En dan! Boem! Die simptome skop in en al die self-talk help net mooi niks. Dit maak nie saak hoe hard jy jouself geestelik, fisiek, emosioneel en finansieel probeer voorberei nie; jou period is ’n ander ding.

Onthou jy die tyd toe daar sprake van menstrual leave was? Ja. Die sprake was dat mense wat menstrueer vir een week (of hoe lank ook al jy menstrueer) elke maand óf verlof moet kan insit, óf van die huis af moet kan werk. En mense wat nie menstrueer nie, sal dit natuurlik nooit verstaan nie. Staan gou stil. Mense wat menstrueer?! Regtig? Ja. Doodernstig. Hier is ook natuurlik waar die discrepancy inkom. Alle vroue menstrueer nie, en sommige mans menstrueer. Hierdie debat val nie binne die bestek van hierdie meningstuk nie; just putting it out there. Ek gebruik ook die term “mense wat menstrueer” omdat ek nog nie seker is wat my mening rakende die hele debat is nie. Natuurlik wil ek inklusiewe taal gebruik, want dit vat niks weg van my vrou-wees as ek transgender of nie-binêre persone wil insluit nie. Maar is ek besig om vroue tot ’n orgaan te verklein wanneer ek hierdie tipe taalgebruik gebruik? Sien?! Sinkgat! Landmyn! Daarom gebruik ek vir eers inklusiewe taal totdat die debat in my kop duideliker word. Ieder geval. Ek het myself nou lelik onderbreek; kom ons gaan voort.

Sarah Smit skryf op 29 September 2022 vir die Mail&Guardian (https://mg.co.za/business/2022-09-29-sa-needs-menstruation-leave-policies-period/): According to research, in the 1920s the Soviet Union was the first state to make the case for period leave as a labour protection measure. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.