Pienk apies, ’n swanger padda, mirakels en die fluistering van fiksie

VICTORY CITY

Pienk apies, ’n swanger padda, mirakels en die fluistering van fiksie

NANETTE VAN ROOYEN verkneukel haar in Salman Rushdie se jongste baksteen van 'n boek en beskryf dit as genotvolle, fantasmagoriese historiografiese fiksie.

OP die laaste dag van haar lewe, toe sy 247 jaar oud was, het Pampa Kampana, ’n blinde digter, profetes en skepper van mirakels, haar narratiewe gedig oor die stad Bisnaga voltooi, in ’n kleipot verseël en begrawe as ’n boodskap vir die toekoms.

Die storie van Bisnaga begin in die 14de eeu in wat ons nou ken as Indië. Die onwaardige heerser van dié tyd, Kampila Raya, word deur die weermag van die noorde onthoof. Sy kop word vol strooi gestop en op ’n paal aan die noorde gestuur vir die genoegdoening van die Delhi-sultan. Die weduwees van die verslane soldate bou ’n brandstapel en begin stap onbevange en met volle oortuiging die vuur binne sonder om terug te kyk.

Pampa was nege jaar oud toe haar ma, Radha, haar kind van haar losgemaak het en die weduwees die verterende vuur in gevolg het. Dit was asof die universum vir haar wat Pampa is, gefluister het: Kyk, luister, asem in en leer. Hierdie insident sou haar merk vir die res van haar besonderse lang leeftyd. Asook die reuk van die vuur, geparfumeer deur sandelhout, naeltjies, knoffel, komyn en kaneel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.