Die lank en die kort van die storie is dat die Catholic Church van die Vlei vir my ’n hoed gegee het. Die susters, om meer precise te wees. Ek weet klaar wat mense nou gaan dink, maar ou Girla is dan ’n VGK-meisie. Ja, ek weet. Die ding is dat die sponsors van dié kerk, daai wat so teen die preekstoel sit en arms soos palmbome rondswaai, het beginne kla oor ... man, oor hoe ek ruik. Nou ek is mos ’n baie trotse mens, toe vat ek my Shoprite-sakkie en pak toe die comments begin kop uitsteek. Dis nie dat ek vir hulle die satisfaction wou gee nie, maar ’n vrou moet ook weet wanneer om die pad te vat. Dis toe exactly wat Girla beginne maak – ek loop.
Elke Sondag stap ek van die Eersterivier se onderpunt tot op die Dal se kop. Soos ek speedwalk, klap ek my hande en sing al die koortjies wat Mamma my geleer het. Oe, dan slaan my arms vol hoendervleis en ek voel die Jirre met elke windjie wat waai ...
Wil ek U loof en prys
Want ek is U kind
Ja, Koning se kind...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.