VOORAF: Die vermiste Dewald Loots staan sentraal in die geheimsinnige gebeure verlede jaar op Hakkiesbaai wat gemaak het dat al die hotelgaste vanjaar teruggekom het. Polisieman Stefan Britz probeer in die Kaap meer oor hom uitvis.
Universiteite se webwerwe is wonderlike bronne van inligting. Jy kan agterkom wie gee klas in wat en sommer hulle kontakbesonderhede ook kry. Twee oproepe later praat ek met Dewald Loots se akademiese promotor en maak ’n afspraak om by haar ’n draai te maak.
In Loots se kamer in sy ouerhuis het ek planne van die Hakkiesbaai-hotel gevind, wat voorheen aan sy ouers behoort het, inligting oor verskillende dwelmmiddels, pamflette van ’n sleeprenklub, asook sielkundige geskrifte oor die aard van bewussyn. Dis met laasgenoemde dat ek hoop sy promotor kan help...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.