VOORAF: Vreemde gebeure op Hakkiesbaai ’n jaar gelede het gemaak dat al die hotelgaste hierdie jaar terug is. En die vermiste Dewald Loots, wie se lyk hy glo hy op die strand gekry het, maar wat toe verdwyn het, staan sentraal daarin, glo die polisieman Stefan Britz. Hy moet nog net uitwerk hóé.
Die Saterdagoggend wil ek my kans vat en stad toe ry om meer oor Dewald Loots uit te vind. Elke tweede naweek stuur hoofkwartier iemand om my af te los en ek is vry om te doen wat ek wil. Ek sou seker kon gaan visvang of fliek of iets, maar die geheimenisse op Hakkiesbaai het my op hol.
Daar is die lyk wat ek gesien het en wat toe vermoedelik weggespoel het terwyl ek agter die ander persoon aan foeter wat op die strand was – en wat ek nou nog nie kon eien nie. En die feit dat al die gaste wat ’n jaar gelede in die hotel was, vanjaar teruggekom het. Iemand het hulle genooi met ’n verwysing na iets wat verlede jaar gebeur het, die aand toe die hotel se brandalarm afgegaan het. Elke gas het ’n ander storie oor wat hulle gesien het. Die strandloperseun Pikkie het ’n jaar gelede ’n weerballon en eienaardige goed op die strand opgetel. Die man wat gesê het hy kan maar die goed vat, is bes moontlik Dewald Loots, op grond van sy beskrywing...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.