Hoe baie verskil kunsmatige en menslike intelligensie?

KLETSBOT-MENSE

Hoe baie verskil kunsmatige en menslike intelligensie?

Met sowat 90% van alles wat ons dink en doen wat deur ons gene, opvoeding en omstandighede bepaal word, vra JAN HORN: Wat maak ons dan anders as die kunsmatig intelligente robotmasjiene en kletsbotte?

EK is nou regtig gatvol vir die ChatGPT-kletsbot en sy nefies Bard, Bing, Baidu en die honderde nuwe kletsbotte wat soos onkruid in die groen grasperk van ons bekende Google-soekenjin opgeskiet het. Dis ’n pes. Mense gaan op hol om rap-lirieke aan te vra wat op die ou end net rympie-resitasies oplewer. Die botte moet skilder, liedjies skryf, politieke en finansiële raad gee, lui studente se take uitgorrel en Valentyn-hartsverlangeboodskappies uitspoeg. Ons het versot geraak op die botte, of is dit nou bots. Kenners en kritici hou vol, bly kalm, die kletsbotte is maar net geprogrammeerde taalmasjiene en kan nie vir hulleself dink nie. Maar hoe meer ek mense se gesprekke en menings op sosiale media lees en om die braaivleisvure daarna luister, hoe meer begin ek wonder of daar werklik so ’n groot verskil tussen die breine van kunsmatige intelligensie (KI) en mense s’n is. Is ons nie ook maar net grootliks geprogrammeer in wat ons elke dag dink en doen nie?

Dink daaraan: Jy is in Suid-Afrika gebore; jy het Afrikaans grootgeword; praat en dink in Afrikaans; en is tien teen een in ’n Afrikaanse kerk ingelyf in die Christelike godsdiens. Jou pa het jou geleer hoe om jou skoene vas te maak, jou das te knoop, gereedskap te gebruik – linksom en regsom skroewe, boute en moere. Jou ma het jou geleer hoe om jou hempsknope vas te maak, met ’n mes en vurk te eet en jou goeie tafelmaniere geleer. Die onderwysers het jou op skool geleer lees en skryf, jy het klavierlesse geneem, onderrig gekry hoe om ’n motor te bestuur. Op universiteit het professore jou in die wêreld van finansies, wetenskap, tale, ingenieurswese, medies en regsake ingelei. Alles programmering wat jou hele lewensuitkyk bepaal en hoe jy met ander mense omgaan.

Taal beïnvloed denkwyse..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.