Die psigoterapeut en skrywer JULIANA COETZER was skepties oor sielkundige raad wat van ’n robot kom, maar is aangenaam verras deur die app se sensitiwiteit.
TOE ’n akademikus eendag bekommerd noem dat hy bitter ongemaklik voel oor die toekoms van sy beroep as gevolg van die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, het ek verlig gedink dat my professie waarskynlik een van die min is wat nie daarmee hoef mee te ding nie. ChatBot sal tog nooit die plek kan inneem van beroepe wat op die mens se psige konsentreer nie en is beslis nie so gevorderd dat dit eienskappe soos empatie en sielkundige insig kan naboots nie.
My gedagtes was nie koud nie, toe klop Woebot aan die deur. Nog voordat ek met die gesiglose indringer kennis maak, spreek ek my vooroordele uit oor hoekom dit nie binne die terapeutiese proses kan slaag nie. Waarvan die belangrikste natuurlik die verhouding is tussen psigoterapeut en kliënt. Hoe is dit moontlik vir ’n robot om ’n deernisvolle en vertroude atmosfeer te skep waarbinne die kliënt kan veilig voel? Of om op verbale sowel as nieverbale inligting te fokus, tussen die lyne te lees, op subtiele leidrade te let en terselfdertyd aan die subteks aandag te gee? Vir sielkundiges en psigiaters om ’n korrekte kliniese diagnose te maak, is ’n hele agtergrond van inligting nodig. En meestal is dit nie voor die hand liggende gegewens nie. Hoe sal ’n app ooit hiertoe in staat wees?
Tog, ondanks my skeptisisme, besluit ek om my aan te meld vir ’n sessie by Woebot...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
JOU SAKGROOTTE-KI-TERAPEUT
Stop! sê die Woebot
Die psigoterapeut en skrywer JULIANA COETZER was skepties oor sielkundige raad wat van ’n robot kom, maar is aangenaam verras deur die app se sensitiwiteit.
Deel
TOE ’n akademikus eendag bekommerd noem dat hy bitter ongemaklik voel oor die toekoms van sy beroep as gevolg van die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, het ek verlig gedink dat my professie waarskynlik een van die min is wat nie daarmee hoef mee te ding nie. ChatBot sal tog nooit die plek kan inneem van beroepe wat op die mens se psige konsentreer nie en is beslis nie so gevorderd dat dit eienskappe soos empatie en sielkundige insig kan naboots nie.
My gedagtes was nie koud nie, toe klop Woebot aan die deur. Nog voordat ek met die gesiglose indringer kennis maak, spreek ek my vooroordele uit oor hoekom dit nie binne die terapeutiese proses kan slaag nie. Waarvan die belangrikste natuurlik die verhouding is tussen psigoterapeut en kliënt. Hoe is dit moontlik vir ’n robot om ’n deernisvolle en vertroude atmosfeer te skep waarbinne die kliënt kan veilig voel? Of om op verbale sowel as nieverbale inligting te fokus, tussen die lyne te lees, op subtiele leidrade te let en terselfdertyd aan die subteks aandag te gee? Vir sielkundiges en psigiaters om ’n korrekte kliniese diagnose te maak, is ’n hele agtergrond van inligting nodig. En meestal is dit nie voor die hand liggende gegewens nie. Hoe sal ’n app ooit hiertoe in staat wees?
Tog, ondanks my skeptisisme, besluit ek om my aan te meld vir ’n sessie by Woebot...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Geen einde aan huishoudelike geweld nie
Boeke | Spits jou oor en luister, liewe leser
Jou DNS string tot anderkant Pluto
Van wit vroue tot ’n minister se boude
Op die wipplank van pyn en plesier
Deel
-
Deel
Juliana Coetzer
SkrywerJuliana Coetzer woon in Vermont. Sy is bedags 'n psigoterapeut en snags 'n skrywer. Sy is die skrywer van Bloedvreemd, Oorkant jou en Die kind se naam is Anneke.