Ons is alleen in die heelal, of dalk nie ...

WAAR IS ALMAL?

Ons is alleen in die heelal, of dalk nie ...

Nasa se Marstuig Perseverance en sy Japie van Zyl-helikopertjie gaan na tekens van lewe op Mars soek. Watter uitwerking sal lewe daarbuite op ons psige hê? wonder JAN HORN.

DIE wetenskapfiksieskrywer Arthur C. Clarke het op ’n keer oor buiteaardse lewe gesê: “Twee moontlikhede bestaan: Óf ons is alleen in die heelal, óf ons is nie. Altwee moontlikhede is ewe vreesaanjaend.”

Clarke se stelling is hoogs filosofies, maar die wetenskap steur hom min aan filosofie. Dit klink dalk vreesaanjaend, maar dit gaan ons nie verhoed om op te hou soek na lewe daarbuite nie.

Die primêre sending van Nasa se Marstuig Perseverance en sy Japie van Zyl-helikoptertjie, Ingenuity, is om na tekens van lewe op Mars te soek. Ons almal wil weet: Is of was daar lewe op Mars? Nou nie groen mannetjies nie, maar minstens tekens van mikrobiologiese lewe wat in die verlede daar voorgekom het. As ons die oorblyfsels van ’n gogga of ’n kiem daar vind, is die antwoord glashelder. Lewe bestaan daarbuite. Wat gaan die mensdom se reaksie wees as ons beslis weet ons is nie alleen nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.