Woedende gesprek oor grond stap nie ’n netjiese of ordelike pad

RUWE TERREIN

Woedende gesprek oor grond stap nie ’n netjiese of ordelike pad

Soos baie ander historiese gebeure is die wysiging van artikel 25 van die Grondwet nie altyd ’n netjiese of ordelike proses wat later op een of ander groot datum herdenk sal word nie, skryf ELMIEN DU PLESSIS.

AS ’n mens met ’n geskiedkundige oog na dinge kyk, kry jy dikwels die idee dat geskiedenis liniêr is; dat gebeure soos domino’s val en ’n klimaks bereik in een of ander groot oomblik wat daarna vir ewig gevier of herdenk word. Ek is seker die wysiging van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet sal ook eendag só opgeteken staan: Mense sal terugskouend teorieë ontwikkel oor hoe ons by dié punt uitgekom het, en hoekom dinge uitgedraai het soos dit het.

Maar midde-in die proses is dit effens chaoties en onseker, en meer ’n geval van twee treë vorentoe, ’n paar treë terug.

Die proses vir die wysiging van artikel 25 is weer in volle gang, soos ook die werk aan die wetsontwerp oor onteiening (en die twee moenie met mekaar verwar word nie)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.