Feel the potato while you peel the potato

MEDITASIE, MINDFULNESS

Feel the potato while you peel the potato

JULIANA COETZER bekyk 'n boek oor waarom ons mediteer.

HOE om ’n mens te wees: Daar was ’n tyd wat ek gewens het ek kan dié manifes êrens opspoor. Dis vreemd hoe onveilig die lewe voel wanneer jy jouself vrymaak van reëls. Veral wanneer mens vormgodsdiens verlaat en daar nie meer ’n duiwel is om die skuld te gee nie. Jy en jou lewe is jou eie verantwoordelikheid. Die een aan wie jy moet verantwoording doen, kyk vir jou in die spieël terug.

Om aan hierdie woestyngevoel te ontsnap, het ek die fokus op myself gerig en besluit dis belangriker hoe jy ís as hoe jy gló. Met ’n fynkam het ek op ’n speurtog gegaan in elke donker hoek van my onderbewussyn. En hierdie wese gepoets en geskuur, want as dit dan gaan oor die mens wat ek is, moet ek net so duskant Nietzsche se Ubermensch gaan draai, nè.

Ná al die toegewyde aandag was ek so gatvol vir myself dat ek alles gelos en die eenvoudigste weg gekies het: Leef jou lewe en dra die gevolge. ’n Labirint moet tog ook op ’n punt verlaat word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.