Letterkundige lesbians en appelkoosdrome

NEVER ANYONE BUT YOU

Letterkundige lesbians en appelkoosdrome

DEBORAH STEINMAIR lees graag oor gekantelde liefdes – skewe fyngebak wat die koekiedrukker vrygespring het.

LETTERKUNDIGE lesbians uit die vroeë 1900’s het my nog altyd gefassineer. Hier was vroue wat die samelewing geskok het soos ons in die 2020’s nie meer kan doen nie. Hulle het mansklere gedra, gerook en wapens afgevuur. Miskien was sommige van hulle eerder trans, voordat so ’n begrip bestaan het.

Radclyffe Hall het in 1928 The Well of Loneliness geskryf, een van die eerste lesbiese romans. Dis summier verbied. Hall self was ’n eksentrieke figuur na wie ons vandag as “hulle” sou verwys. Sy (die term “hulle” het nog nie bestaan nie) het bekendgestaan as John en was ’n legendariese rokjagter. Die vroue wat sy verlei het, het onvermydelik mettertyd met mans getrou. Op 27 raak sy verlief op Mabel Batten, 51 en getroud met kinders en kleinkinders. Ná Batten se man se dood woon hulle saam, maar agt jaar later raak Hall verlief op Batten se niggie, Una Troubridge, ’n beeldhouer en die vrou van ’n admiraal. Binne ’n jaar is Batten oorlede en Hall en Troubridge is vir die res van Hall se lewe saam, hoewel sy vele affairs gehad het.

Gertrude Stein en Alice B. Toklas was ook saam lesbians (soos my kind gesê het toe sy klein was) in die eerste helfte van die vorige eeu, met Stein wat mansklere dra en die heer des huises was, soos in heteronormatiewe verhoudings. Sy het in die Tweede Wêreldoorlog ’n ambulans bestuur en vermoedelik die beskerming van ’n hooggeplaaste Nazi geniet hoewel sy Joods was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.