’n Wêreld waar bots regeer en geen blomme meer bot nie

BOT

’n Wêreld waar bots regeer en geen blomme meer bot nie

DEBORAH STEINMAIR is teen die kant van die kop geklap deur Carien Smith se debuutkortverhaalbundel.

CARIEN SMITH het onlangs die UJ-debuutprys losgeslaan met haar debuutbundel, Bot. Ek wou dit lankal lees, maar hierdie toekenning het gemaak dat ek dit oopslaan.

Aanvanklik het die voorblad van die bundel kortverhale my nie aangetrek nie. Nadat ek dit gelees het, maak dit perfek sin. Dit móét bot en vervreemdend wees. Die blommerangskikking binne die ruimtepak se helm is blomme wat lánk hou – blomme wat waarskynlik lankal dood is. Van die mens wat die helm gedra het, is daar geen teken nie. Dis distopies en verlate en die (waarskynlik uitgestorwe) blomme maak dit net meer so.

Hierdie skrywer trek al vir ’n geruime tyd aandag. Haar kortverhale is in bundels opgeneem. Sy is ’n akademikus, besig met haar doktorsgraad aan die Universiteit van Sheffield – rondom die epistemologie en etiek van klimaatsverandering, nogal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.