Verbeelding op die spektrum, op pad na die laaste stasie

ONDERHOUD MET CARIEN SMITH

Verbeelding op die spektrum, op pad na die laaste stasie

NADINE PETRICK het haar nie na bots gewend nie, sy het Carien Smith virtueel die kuns afgevra oor haar debuutbundel, Bot.

DIE versoeking is eenvoudig te groot om dit nié te doen nie. Ek vra ’n bot om hierdie artikel te skryf. Merkwaardig, dié Carien Smith wat voor my oë lewe kry, maar ook heel verkeerd. Iets wat ’n masjien opgetower het, amper reggekry het, maar uiteindelik, in totaliteit, opgedonner het. Ek het jou gemaak, sê die bot. Ek het jou gemaak, sê Jan Rabie. Nee, ék, fluister god die Robot, agter ’n klein, benerige handjie. Ek het jou gemaak, sê ek.

Natuurlik is dit als ’n leuen. Maar miskien ook nie. So verklaar Smith dieselfde ding oor en oor in haar boek, Bot, en in al die artikels wat mens oor haar en haar werk lees. “Die sesde massa-uitwissing is die uitwissing van waarheid, en dit gaan uiteindelik lei tot die uitwissing van alles anders,” beduie sy vurig. En almal van ons reis saam. Ons is op dieselfde trein, op pad na die laaste stasie.

Wat moet ék glo, wonder ek, terwyl ek kyk na die vrou op my rekenaarskerm. Mooi, vars gestort, effens senuweeagtig. ’n Week of so gelede aangewys as die wenner van die UJ-debuutprys van 2023 vir haar spekulatiewe kortverhaalbundel wat in 2022 verskyn het. Ons gesels virtueel, soos wat dit hoort as mens praat oor toekomsfiksie, die “what ifs”, conspiracies en die weer. Ek is heimlik teleurgesteld dat ek nie ’n hologram van haar kan ontmoet vir ’n potjie Scrabble en ’n whisky nie. Teams sal moet deug. Very Beyond 2000...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.