Kenzaburō Ōe, die ewige anargis

DIE GEWETE VAN JAPAN

Kenzaburō Ōe, die ewige anargis

PIETER VAN DER LUGT bekyk die ryk nalatenskap van die Japannese Nobelpryswenner vir letterkunde wat onlangs oorlede is.

DIE Japannese Nobelpryswenner Kenzaburō Ōe, wat op 3 Maart oorlede is, het gereeld oor familiebande geskryf – en veral oor vaders en seuns. Die pa was dikwels ’n fiktiewe weergawe van homself. Die seun was meestal sy oudste, Hikari, wat met ’n misvormde skedel gebore is en ná ’n operasie onvermydelike breinskade oorgehou het.

Kenzaburō het grootgeword in ’n afgeleë dorpie, omring deur woude waar sy pa boombas geoes het om papier te maak. Hy is gevorm deur ou tradisies, vertellings en die magiese natuur om hom.

Maar sy vaderland het hom verloën met die hubris van die Tweede Wêreldoorlog. In 1944 is sy eie pa, ’n eenkantmens wat hy nooit goed leer ken het nie, op die slagveld dood. Die volgende skok was ’n jaar later. Keiser Hirohito, wat volgens sy onderwysers ’n god was, het vir die eerste keer oor die radio gepraat – en dit om te sê dat sy land verslaan is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.