Die skrywer as vos: Dubravka Ugrešić

UITEENLOPENDE TRUUKS

Die skrywer as vos: Dubravka Ugrešić

LOUIS GAIGHER bring hulde aan die eksentrieke optekenaar van 'n chaotiese era.

MET haar wrang humorsin, fyn waarnemingsvermoë en onwrikbare kritiese blik is die skrywer Dubravka Ugrešić, wat op 17 Maart op 73 gesterf het, ’n gedugte, nugter en vermaaklike gids tot ons oorweldigende en chaotiese tyd: 'n Tyd van verbrokkelende identiteite, kulturele verskraling, inligtingsoormaat, diskontinuïteit, nasionalisme en post-waarheid.

Ugrešić, ’n mite-omverwerper van die eerste water, het volgens medemitograaf Marina Warner gewerk “in the tradition of upside-down, modernist myth-making or ironical fable”. Haar sewe essayversamelings oor oorlog en post-oorlog, bannelingskap en die letterkundige bedryf, asook sewe fiksiewerke waarvan Lisica (as Fox deur Ellen Elias-Bursać en David Williams vertaal) en The Museum of Unconditional Surrender (Muzej bezuvjetne predaje) goeie beginpunte is, verken en ontluister die metafore, mites en fabels waarvolgens ons leef deur hulle speels naas antieke folklore en materiaal uit verre uithoeke van ander tradisies te plaas.

So byvoorbeeld bied die Russiese avant garde van die 1920’s – ’n vorteks van kuns en idees deur Stalin en die Tweede Wêreldoorlog verdring en wat sedertdien in verwaarlosing verval het – ryk stof en motiewe. Om groter waarhede te dien, versin Ugrešić soms of dik sy aan. Om te korrigeer en figure en gebeure aan die vergetelheid te ontruk sentreer sy materiaal wat vroeër tot voetnote gereduseer was...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.