Die bardo van bloubal April

MEMOIRES OF MEMORIES?

Die bardo van bloubal April

MARELI STOLP kyk met 'n houtoog na Sjaka S. Septembir se outobiografiese roman oor 'n leeglêer wat in die laat-90's in Stellenbosch gedigte gefotostateer en happenings op die planke gebring het.

DIS die jaar 2000. Y2K het gekom en gegaan en die wêreld het nie geëindig nie. Biko April ly aan depressie, hy is platsak, sy drank en tabak is byna klaar, sy tiener-girlfriend is Londen toe sonder hom. Dit beteken sy ballas is blou en so ook sy gemoed. Dis nou genoeg: Hy is klaar, hy sit die strop oor sy kop, goodbye cruel world, baie liefde, tot siens en vaarwel.

Biko se einde is die begin van Sjaka Septembir se debuutroman: memoires wat oor ’n tydperk van net meer as ’n jaar in die hoofkarakter se lewe afspeel. Die “bardo” in die titel verwys na die liminale toestand wat volgens Tibettaanse Boeddhisme bereik word tussen afsterwe en reïnkarnasie. Aanvanklik was my veronderstelling dat die hele roman in Biko se “bardo” sal afspeel (so á la George Saunders se Lincoln in the Bardo), maar dit word duidelik dat Septembir twee modusse hier gebruik: Biko se terugskouing oor sy lewe word afgewissel met ervaringe in die bardo, waar drogbeelde en visioene voor hom opdoem, elk ’n vorm van teistering met dikwels ’n politieke ondertoon (in die eerste toneel word Biko byvoorbeeld deur sy ma aangeval met ’n oranje-blanje-blou vlagstok; hy deurboor haar met ’n bajonet).

Biko se memoires lei die leser deur die dae sedert sy 27ste verjaardag, wat hy deurbring in die gemeenskap van twee alter ego’s: die ordentlike, preutse Christiaan, wat deurgaans die streng stem van Nederduitse Gereformeerde Kerk-waardes vir Biko probeer wees, en Jan Jakkals, die growwe, jagse rebel wat elke slegte besluit van Biko aanmoedig en aanhits...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.