Eben Venter woon die afgelope dekade saam met sy partner, Gerard, in Lismore naby die mees oostelike punt van die Australiese vasteland. Hy het drie van sy romans hier voltooi; die laaste was Groen Soos die Hemel Daarbo, wat hy ook in Engels vertaal het. Verlede jaar het hy ’n doktorsgraad oor ’n teorie van vertaling verwerf aan die Universiteit van Queensland. Sy jongste roman – wat hy in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal het – het ’n renosterkoei as hoofkarakter.
MET TWEE RENOSTERS ONDER DIE ARM
Ek het ophou waarheid skryf
EBEN VENTER laat deesdae feite aan niefiksieskrywers oor. Hy vertel oor sy jongste roman wat binnekort bekendgestel word.
Deel
EK HET destyds ’n riskante toneel in my debuutroman, Foxtrot van die Vleiseters, ingeskryf. Die wit plaasseun, Petrus, vat een van die swart plaaswerkers se dogter, Buziwe, na die warmwaterbronne in Aliwal-Noord. Dis 1986, die jaar van die noodtoestand, en die apartheidstaat vergryp homself vir oulaas ten einde sy snelval na onder te probeer stuit.
By die bronne aangekom, kruip ek, ek bedoel Petrus, en Buziwe deur ’n geheime gat onder die grensdraad, waarskynlik gegrou deur die laaste erdvark in die Noordoos-Kaap. Ons is binne. Agter selonsrose pluk ons klere uit en swembroeke aan. En toe, soos tweelingdolfyne van presies dieselfde skool, baljaar daardie wit en daardie swart lyf in die swawelwater: “Ons nael weer terug na die warmer ronde bad en ek wys vir haar hoe wydsbeen om te staan sodat ek rakelings tussen haar dye deur kan vis. Sy skater en spuit ’n bek vol swawelwater in my gesig.”
Wat gaan hier aan? Die baddens en terrein met sy gemanikuurde grasperke en rooi en geel kannablomme is Slegs vir Blankes. ’n Geswemmery en gevattery deur wit en swart is verbode, ’n soort afvalligheid wat tot in die derde en vierde geslag aan jou nageslag besoek sal word...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ons is almal vlugtelinge, vreemdelinge, bywoners
’n Eeu van die manjifieke Paula Fox
Verbeelding op die spektrum
Kenzaburō Ōe, die ewige anargis
Seuntjie in sepia teen die klipmuur in Clarens
Deel
-
Deel
Eben Venter
SkrywerEben Venter woon die afgelope dekade saam met sy partner, Gerard, in Lismore naby die mees oostelike punt van die Australiese vasteland. Hy het drie van sy romans hier voltooi; die laaste was Groen Soos die Hemel Daarbo, wat hy ook in Engels vertaal het. Verlede jaar het hy ’n doktorsgraad oor ’n teorie van vertaling verwerf aan die Universiteit van Queensland. Sy jongste roman – wat hy in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal het – het ’n renosterkoei as hoofkarakter.