Cormac McCarthy en ’n giftige geweld

SUIDELIKE GOTIEK

Cormac McCarthy en ’n giftige geweld

MERCIA S. BURGER sukkel jare reeds om enige boek deur Cormac McCarthy te lees. Stoftrekkers op haar boekrak, elkeen van hulle. Toe daar in 2022 sommer twee nuwe publikasies van hom verskyn, laat FOMO haar weer probeer.

HIERDIE jaar word Cormac McCarthy 90. Hy dra cowboystewels, speel ’n lekker bluegrass op sy kitaar – ’n ritme wat ’n mens ook in sy skryfstyl vind – en sorg altyd dat hy met sy rug na sy studeerkamervenster sit as hy werk.

Hy staan min onderhoude toe, doen geen boekbekendstellings of voorlesings nie, gee nie klas by universiteite en skryf nie resensies nie. En, sê hy vir Oprah, hy gee nie regtig om of mense sy boeke lees of nie, terwyl hy soos ’n slaperige gryskat in sy leunstoel wegsak. “You are a different kind of author,” lag sy, maar rol haar oë tog so ’n bietjie.

Hy woon in die woestynwêreld van Nieu-Mexiko, waar hy ’n navorser en skrywer-in-residensie by die Santa Fe-instituut is. Hier werk kundiges van verskillende dissiplines so uiteenlopend soos fisika, neurologie, literatuur, filosofie en ekonomie saam om groot kosmologiese vrae oor die “beauty and madness in art and science” te bedink. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.