Belydenisromans in die skemering

HAMBIDGE PRYS EN PIETS

Belydenisromans in die skemering

JOAN HAMBIDGE dink na oor twee klassieke romans oor onbeantwoorde liefde en ’n moderne roman wat die verromantisering van moederskap ontmasker.

IN Lucy Daniel (red.) se Defining Moments in Books: The Greatest Books, Writers, Characters, Passages and Events that Shook the Literary World is ons as lesers bewus gemaak van boeke wat binne ’n bepaalde tydsgewrig ’n impak het.

Dis weer tyd vir die Bookerprys en hierom kyk ons terug na boeke wat tereg as klassiek bestempel kan word. Op ’n rak staan daar klassieke tekste wat telkens herbesoek word en in hierdie kompendium word Iris Murdoch (1919-1990) se The Sea, the Sea eweneens uitgesonder as ’n belangrike roman wat in 1978 die Booker-prys verower het. Sy vermeng filosofie en alledaagse gegewens sonder dat die intellektuele stramien die leesproses vertraag of belemmer.

Die roman is aangeprys deur Barbara Pym en Margaret Drabble. Charles Arrowby, ’n teaterregisseur, vertrek uit die teaterwêreld op soek na stilte. Helaas word dit ondermyn deur sy verlede: Vroue wat hy probeer vergeet het, is op soek na hom. Familie duik op...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.