Serendipity en die oorsprong van tyd

KERNEELS LEES WYD

Serendipity en die oorsprong van tyd

KERNEELS BREYTENBACH verkneukel hom in boeke wat soveel kos soos vier groot blokke goeie kaas.

DIE KOMBINASIE van kos en lees is so subliem dat selfs ’n raasbek soos ekke net nou en dan daarmee te koop loop. Later vandeesmaand kom Oscar Farinetti se hoog-geprese Eataly hier aan, en ter voorbereiding het ek gaan blaai in Farinetti se Serendipity. Dit was so ’n betowerende ervaring dat ek eenvoudig die noot hoog moet insit daarvoor. Kwylend.

Soos die titel suggereer, gaan dit oor ontdekkings wat per abuis gemaak word. Ter illustrasie: In die middel-19de eeu het ’n leerlingsjef in ’n sjokolade-laboratorium in Parys (Frankryk) per ongeluk kokende melk gegooi in ’n pot waarin daar ’n klomp blokkies sjokolade was. Die hoof van die laboratorium het hom uitgeskel met “Ganache!” wat min of meer vertaal kan word as “jou volslae idioot”. Hy het nietemin die gemors probeer red deur die mengsel baie vinnig te roer. Die gevolg? Ganache, die sjokoladevulsel wat dermiljoene mense sedertdien baie, baie gelukkig gemaak het.

Serendipity wemel met sulke vertellings. My gunsteling is oor die geliefde Caesar-slaai. Almal dink dis Amerikaans van oorsprong, maar al wat hulle daarmee uit te waai het, is dat hul drankafskaffingswette van die vroeë 20ste eeu veroorsaak het dat ’n Italiaanse sjef genaamd Cesare Cardini sy restaurant in San Diego gesluit het, en ’n nuwe geopen het in Tijuana, waar hy kon drank bedien...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.