NÁ dekades van getroue diens by biduurtees en basaartafels het ons nederige souttert nou die onverwagse, onvoorstelbare pinnaculum van sy bestaan bereik: deur Hul Majesteite Charlie en Camilla (hierna C&C Edms. Bpk.) sélf gekies as Kroningskos.
Die rede vir hulle keuse van die verveligste tert in die ganse heelal is sodat Sy Koninklike Slappeling nie oorskadu word deur enigiets met 'n bietjie byt, 'n bietjie verbeelding of die geringste verrassingselement nie. Al wat nie voor die hand liggend is van Die Koninklike Spinasietert nie, is dat die boerbone ge-“double pod” moet word. Google wys dis wat ons oumas in daardie skotteltjies op hulle skoot gedoen het: dop die bone uit hulle peule en trek elk se skilletjie af.
Om verstaanbare redes gaan ek nie die moeite doen om die resep te vertaal en hier te plaas nie, maar soek dit gerus aanlyn as jy 'n rojalis is. Geslagte Suid-Afrikaanse mans en vroue sal die tert uit die kop aanmekaar kan slaan. Jy maak of koop deeg, meng melk, room, eiers, dragon, spinasie, boerbone en cheddar, gooi dit in die kors en bak dit...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.