’n Bra eerlike ontboeseming oor buustelyfies

OOR APPELS, PIESANGS EN PAPAJAS

’n Bra eerlike ontboeseming oor buustelyfies

Ná ’n lang gekuier in die bad het MADELEINE BARNARD op die harde manier geleer dat mens eerder met die newe-effekte van ’n bra met ’n onderdraad saamlewe as om een van daai woerts-oor-die-kop-sporttoppies in die naam van gemak te dra.

IN my onderklerelaai hou ek, die ewige sentimentalis, een stelletjie stuitige fyngoedjies om my te herinner aan die lyf waarmee ek in die vorige millennium rondgeloop het.

Die stelletjie is van rooi en swart kant, deurskynend, en die pêntietjie is ’n piepklein deurtrekker. Ek kyk soms daarna en wonder: Het ek ooit dié hand vol spinnerakkies oor my bas kon trek?

Deesdae dra ek eenvoudige swart katoenbroekies wat my groter stêre so 'n bietjie van ’n hupstoot kan gee; broekies wat my nie heeltyd noop om die lastige streppie in my njorts met ’n vinger te probeer uithaak nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.