Lekker daggie, mensies!

LEES WEER

Lekker daggie, mensies!

Ons ken haar goed. Daardie Afrikaanssprekende vroutjie wat rooskleurige strikkies om haar woorde bind met behulp van verkleinwoordjies. MADELEINE BARNARD het in Januarie 2021 ’n ondersoek(ie) na die Afrikaanse verkleiningspandemie(tjie) onderneem.

AS ek die kere moet tel wat ’n Afrikaanse tante my ’n “lekker daggie” in ’n oulike stemmetjie toegewens het, sal ek, wel, ’n register van skuldiges moet begin. Ek het dit self een keer uit my eie mond hoor val en amper die aapstuipe gekry. ’n Paar dae gelede sluk ek byna my foon in toe ’n mán my vra om vir hom ’n “e-possie” te stuur. Die diminutief in Afrikaans is ’n epidemie wat vinnig besig is om in ’n pandemie te ontaard.

Hoekom wil mense – en meer spesifiek Afrikaanse vroue – so graag “oulikies” klink? En nie net deur middel van verkleinwoorde nie, maar ook ’n gepaardgaande geforseerd hoë stemtoon?

Onlangs gons dit op ’n Facebook-groep vir joernaliste. Sy kan nie die “lekker daggie”-brigade hanteer nie, sê een. “Ek bekakkies myselfies bietjies-bietjies,” mor nog ’n lid. As die skrywer ’n stuk aanhef met “mensies” moet jy maar klaar begin koes, meen iemand anders...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.