Weiding of wildreservaat: Is die natuur ’n luukse?

UIT DIE ARGIEF

Weiding of wildreservaat: Is die natuur ’n luukse?

Daar is diegene wat meen wildreservate soos die Krugerwildtuin moet eerder vir veeweiding gebruik word. Ander sê gemeenskappe trek op die ou end meer voordeel uit wildbewaring as beesboerdery. Dié debat woed al jare, soos blyk uit hierdie ondersoek van INA VAN DER LINDE in 1993.

VAN die eerste vrae as mens praat oor beeste in die Nasionale Krugerwildtuin – soos voorgestel deur Derek Hanekom, landbouwoordvoerder van die ANC, en Louis Liebenberg, medeskrywer van die konsepwerkdokument – is of daar enige ander voorbeelde in Afrika is waar beeste in wildreservate voorkom. Dadelik dink mens aan Masailand in Oos-Afrika, wat soos ’n misvormde eier regoor die grens tussen Kenia en Tanzanië lê. Dadelik bygesê, dié is nie ’n nasionale bewaringsgebied nie. Johan van Zyl, dekaan van die fakulteit landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, was onlangs in die Masai-gebied in Kenia.

Hier is nie kommunale grondbesit nie en die hele gebied is verdeel en behoort aan individuele eienaars. Die gebied is nie omhein nie en troppe beeste wei tussen die wild.

Sekere tye van die jaar kom troppe van ’n miljoen wildebeeste uit Tanzanië oor die grasvlaktes gestroom. Maar hulle word nie gejag nie, want die Masai eet glad nie wild nie en jag net af en toe vir die pret. Dit verklaar waarom wild nog so volop is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.