Onsigbare grense wat onwelkomes uithou

KUNS

Onsigbare grense wat onwelkomes uithou

Die kunstenaar Liza Grobler vra in haar uitstalling Inkommers, laatkommers en laatlammers wie het die reg om te wees waar hulle is. Maar dis half 'n teenstrydigheid tussen 'n vriendelike en 'n harde nie welkom wees nie, verduidelik sy aan ELNA VAN DER MERWE.

“MY titel Inkommers, laatkommers en laatlammers is spesifiek woorde wat geassosieer word met mense en dinge wat nie heeltemal welkom is nie. Dis egter eerder 'n vriendelike nie-welkom-wees-nie as 'n harde jy-is-onwelkom. Dit is so half 'n teenstrydigheid – is jy welkom of is jy nie welkom nie? Dis die idee."

Liza Grobler, wat die pas afgelope KKNK se feeskunstenaar was, vermoed sy is self 'n inkommer op Oudtshoorn, want sy en haar gesin het eers twee jaar gelede hierheen verhuis. 

“Ek werk baie met die idee van plek en tyd en dat albei kan buig.  'n Laatlammer, byvoorbeeld, is iemand wat tydsgesproke te laat opgedaag het, maar dis nie sy skuld nie. Dis net 'n sameloop van omstandighede. Jy kry hierdie term nie in Engels nie, so dit sê ook iets van die Afrikaanse kultuur, dink ek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.