Drie tekens van kultuurskuiwe by die Golden Globes

TRENDS

Drie tekens van kultuurskuiwe by die Golden Globes

Hierdie voormalige blink prysuitdeling se reputasie was aan flarde en sy einde in sig. Verrassende trends was die laaste wat ’n mens verwag het. ELNA VAN DER MERWE en MARNUS NIEUWOUDT het die B-woord, anti-ageism en omgeruilde mode raakgesien.

“I’M here because I’m Black.”

Hiermee is die olifant in die vertrek reg in die kollig van die Golden Globes-verhoog geplaas. Die gehoor het gelag, maar nie almal nie. Op die komediant Jerrod Carmichael se gesig was geen teken dat hy pas ’n grap gemaak het nie. So ook tydens die res van sy monoloog as seremoniemeester wat die toondowe deel van die gehoor telkens kakelend laat reageer het.

Hierdie eens glinsterende prysuitdeling het byna nie sy 80ste verjaarsdag gehaal nie nadat dit in 2021 amper deur ’n skandaal gesink is. Die Los Angeles Times het onthul dat daar onder die 87 lede van die Hollywood Foreign Press Association (HFPA) wat vir die wenners stem, geen swart mens was nie. Dit het daartoe gelei dat die Globes nie verlede jaar op TV uitgesaai is nie en dat een van die vele beswaarde akteurs, Tom Cruise, sy drie Golden Globe-beeldjies uit protes teruggegee het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.