PAULA FOX, wat op 22 April 2023 ’n eeu gelede gebore is, sou as kinderboekskrywer onthou gewees het, was dit nie vir die herlewing van haar roman Desperate Characters (1970) in die laat-1990’s nie. Die eerste van haar twee memoires oor haar verstommende lewe, Borrowed Finery, is ook in dié tydperk van hernude belangstelling in haar werk, in 2001, gepubliseer.
Haar roman-meesterwerk, Desperate Characters, was aanvanklik ’n swak verkoper en vir langer as 10 jaar uit druk, maar het ’n uitgewersensasie geword nadat Jonathan Franzen in Harper’s die boek aangeprys het as “obviously superior” bo Updike, Roth en Bellow. ’n Nuwe geslag skrywers, soos Sigrid Nunez en David Foster Wallace, het in dié tyd hul skatpligtigheid teenoor Fox erken.
Ná haar dood in 2017, op 93-jarige ouderdom, is Fox gehuldig vir haar ses romans, twee memoires en ook 20 kinderboeke. Laasgenoemde bied meestal ’n kind se perspektief op wegraping uit ’n vertroude omgewing. Bykans 45 jaar ná Desperate Characters se aanvanklike publikasie, en 25 jaar ná die herlewing, is hierdie misterieuse en glashelder boek met ’n bladsy-omvang van minder as 200 steeds onuitputbaar ryk en eietyds. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
VERHEWE BO UPDIKE, ROTH EN BELLOW
’n Eeu van die manjifieke Paula Fox
LOUIS GAIGHER bekyk die oeuvre van ’n verstommende outeur wat nie in haar era na waarde geskat is nie.
Deel
PAULA FOX, wat op 22 April 2023 ’n eeu gelede gebore is, sou as kinderboekskrywer onthou gewees het, was dit nie vir die herlewing van haar roman Desperate Characters (1970) in die laat-1990’s nie. Die eerste van haar twee memoires oor haar verstommende lewe, Borrowed Finery, is ook in dié tydperk van hernude belangstelling in haar werk, in 2001, gepubliseer.
Haar roman-meesterwerk, Desperate Characters, was aanvanklik ’n swak verkoper en vir langer as 10 jaar uit druk, maar het ’n uitgewersensasie geword nadat Jonathan Franzen in Harper’s die boek aangeprys het as “obviously superior” bo Updike, Roth en Bellow. ’n Nuwe geslag skrywers, soos Sigrid Nunez en David Foster Wallace, het in dié tyd hul skatpligtigheid teenoor Fox erken.
Ná haar dood in 2017, op 93-jarige ouderdom, is Fox gehuldig vir haar ses romans, twee memoires en ook 20 kinderboeke. Laasgenoemde bied meestal ’n kind se perspektief op wegraping uit ’n vertroude omgewing. Bykans 45 jaar ná Desperate Characters se aanvanklike publikasie, en 25 jaar ná die herlewing, is hierdie misterieuse en glashelder boek met ’n bladsy-omvang van minder as 200 steeds onuitputbaar ryk en eietyds. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die skrywer as vos: Dubravka Ugrešić
Latere Glück is kwalik ’n karige maal
Die glans van oorsese letterkundige tydskrifte
Yiyun Li se plotlose meesterstukke
Hardwick-biografie en tekstuur van vriendskap
Deel
Deel
Volgende artikelLouis Gaigher
LetterkundekennerLouis Gaigher werk in die boekbedryf as redakteur en regte-spesialis.