Wilde vampierseks en warm wraak

DRACULA SE BRUID

Wilde vampierseks en warm wraak

DEBORAH STEINMAIR wil soms buite haar gemaksone lees en vertel jou van 'n nuwe aandagtrekker op die rak.

SOMS, glo ek, moet ’n mens buite jou gemaksone lees. Ek is een van die mense wat nooit enige skakering van 50 Shades gelees het nie. Ek het Erla Diedericks se erotiese rillers oor sadomasochisme en ander fetisje met ’n oop gemoed gelees en kon meriete daarin sien, en ’n mark.

Toe neem ek ’n nuwe aandagtrekker, A Dowry of Blood, deur S.T. Gibson op, want ek lees ook boeke sodat ek julle daarvan kan vertel. Dit lyk my sekere skrywers verkies om op die oog af genderonspesifiek te wees – miskien in die hoop om meer manlike lesers te lok? Ek lees wel agterin die boek dat die skrywer ’n “village wise woman in training” is. So daar is die antwoord.

Die lokreël is, in hoofletters: DESIRE. OBSESSION. CONTROL. Dit handel oor Graaf Dracula, hoewel hy nie by die naam genoem word nie. Hy red ’n jong boeremeisie van die dood op 'n slagveld nadat soldate haar familie uitgewis en haar tot op die rand van die ewigheid verinneweer het. Dit was eeue en eeue gelede. Hy drink haar bloed en laat haar van syne drink. Só word sy sy onsterflike bruid. Hy herdoop haar Constanta. Sy glo sy is die eerste, maar soos Bloubaard se vrou vind sy later uit sy het vele voorgangers gehad, wat spoorloos verdwyn het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.