Met ’n hupstoot van Jakes Gerwel

TWEE WEKE IN PAULET HUIS

Met ’n hupstoot van Jakes Gerwel

DANIE MARAIS was in die greep van ’n middeljare-skrywersblok tot hy die geleentheid gebied is om aan die alledaagse te ontsnap.

DIE beste manier om te sê wat die verblyf in Paulet Huis vir my beteken het, is om te verduidelik waar ek was teen die tyd toe ek vir dié Jakes Gerwel-skrywersresidensie in die Oos-Kaap aansoek gedoen het.

Die middeljarige vasvalpunt wat ek bereik het, was een waar hope ander skrywers voor my alleen in ’n stil hoekie aan ’n kombinasie van die sorge van die lewe en spesifieke persoonlike ontoereikendhede wou beswyk onder die oortuiging dat die berg na ’n volgende boek onbestygbaar is.

Dis die doldrums waaruit Cyril Connolly se The Enemies of Promise (1938) gebore is. Die oorkoepelende tema van dié klassieke boek – ’n eiesoortige kombinasie van memoires en literêre kritiek – is ironies genoeg ’n poging om te verklaar hoe dit gekom het dat Connolly, wat ’n wyd gerekende literator en invloedryke resensent was, nie daarin geslaag het om self ’n beduidende letterkundige werk te produseer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.