PUNK was nie veronderstel om kitaarhelde op te lewer nie. Virtuositeit is met ’n frons, met veragting begroet. Maar daar was een uitsondering: Tom Verlaine, die kitaargodheid wat op 28 Januarie op die ouderdom van 73 gesterf het.
Verlaine was een van die oorspronklike New York-punks, deel van die legendariese CBGB-nagklublandskap wat ook Blondie, Talking Heads, Ramones en Verlaine se vriendin en deeltydse minnaar, Patti Smith, ingesluit het.
Verlaine se klank was so suiwer dat dit mens kon laat bewe en huil. Luister na liedjies soos “Torn Curtain”, “Days”, of die ingewikkelde komposisie “Marquee Moon” waarvoor sy groep, Television, altyd onthou sal word. Dit behels meer as 10 minute van klankgeluksaligheid met ’n staccato-ritme en ’n vloeibare, effens neurotiese onderliggende melodie. Elke keer wanneer ek daarna luister (en ek het dit dikwels die afgelope paar dae gedoen), neem dit my reguit terug na New York se East Village. Maar daar is ook ’n Suid-Afrikaanse konneksie. Hou dus aan lees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.