Musiek 2019: ’n Gebroke algoritme, maar ’n interessante reis

VAKANSIE 2019

Musiek 2019: ’n Gebroke algoritme, maar ’n interessante reis

Tussen die skandes, skade en trane deur was dit die jaar van 1990’s-nostalgie, skryf ANNIE KLOPPER oor haar klankbaan vir 2019.

MISKIEN sê dit iets van ons wankelrige tydvak dat ’n grungy nihilisme teruggeroep word met die modes van die dag. Met al die Dr. Martens-skoene, crop tops, geruite hemde, sogenaamde ugly dad sneakers en mom jeans in die omte, sou jy dink daar is iewers een groot Empire Records-temapartytjie aan die gang waarheen almal op hul skateboards inderhaas onderweg is.

Ek was vanjaar besig om in die stadige baan ’n babawaentjie te stoot en is nie saam na dié partytjie nie. Harde, lewendige musiek is tydelik verruil vir gedempte wiegeliedjies. Dus was ek grootliks afhanklik van digitale musiekplatforms om op datum te bly van nuwe uitreike in my kraal, ofskoon digitale platforms se algoritme nie altyd so betroubaar soos die deurwinterde platewinkelklerk van ouds is nie.

Om die waarheid te sê, ek is oortuig ek het hierdie algoritme volkome geknak tussen die aflaai van vintage Carike Keuzenkamp-kinderliedjies saam met obskure punk rock, hip-hop en elektronika sowel as byna elke Twinkle twinkle little rockstar-album waar populêre pop- en rocktreffers met klavierklawers en ’n xilofoon versag word tot babavriendelike status...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.