Liedjies oor die donker, vir die donker

BEURTKRAG-SPEELLYS

Liedjies oor die donker, vir die donker

Ek onthou daardie vroeë dae van beurtkrag, toe alles nog ’n nuutjie was, en ons gedink het die kragonderbreking is net ’n siek grap. Dit het iets heel anders geword noudat die land daagliks beurtkrag het. FRED DE VRIES het ’n paar voorstelle vir liedjies wat dalk kan help keer dat jy waansinnig raak in die donker.

KOM saam met my, dans, my dier, selfs al is dit ’n desperate dans. Dis donker tye hierdie, so kom ons speel ’n speletjie. Nie te moeilik nie, nie te inspannend nie, net ’n aktuele speletjie om die gemoedere te lig en die voete aan die beweeg te kry, die heupe te laat swaai.

Hier is my vraag: Wat is jou gunsteling-beurtkragliedjie? Wat het jy gespeel, gesing of geneurie terwyl die ligte vir die soveelste keer uitgedoof is? Of, kyk uit ’n effens ander hoek daarna: Wat is die liedjie wat jou aan die gang gehou het, gekeer het dat jy waansinnig raak? En ... kan jy op die maat daarvan dans?

So, hier is wat ek gedoen het. Toe beurtkrag in 2007 begin en ons almal dink dit sou ’n tydelike ding wees, het ek my lewensmaat getreiter deur die refrein van ’n liedjie deur die Britse punks The Damned kliphard te sing. “Let’s wait for the blackout / The light is too bright.” Sy het nie gedink dis snaaks nie. Maar ek het dink dis ’n fantastiese liedjie, met besonder gevatte woorde soos “There is no vision here / At first you may find it strange / But do not go away / The darkness holds a power / That you won’t find in the day”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.