Joernalistiek wat tegelyk reg én verkeerd is

DIE PRYS VAN ’N GRATIS MEDIAPLATFORM

Joernalistiek wat tegelyk reg én verkeerd is

Behoort die media ’n platform te verskaf vir gevaarlike idees of mense wat die samelewing bedreig? vra ISMAIL LAGARDIEN.

JOERNALISTE en skrywers moet dikwels moeilike besluite neem oor selfsensuur, die vereiste om “die storie te jaag” en om die rol te verstaan wat hulle in 'n belangrike en noodsaaklike deel van die samelewing speel.

Aangesien ek die voorreg het om ’n rubriekskrywer en essayis te wees is dit vir my aangenaam om te kan sê ek het die reg verdien om my eie onderwerpe te kan kies en te skryf wat en hoe ek wil. Dit kom met die voorreg om idees en mense wat ek as gevaarlik vir die samelewing beskou, te kan ignoreer en te weier om aan hulle ’n platform te bied. Ek erken dit is ’n subjektiewe gevolgtrekking, hoewel in die meeste gevalle nie sonder substansie nie. Dit is hierdie laaste punt wat ek wil bespreek – laat my ’n tree terugstap.

’n Redakteur is baie jare gelede vir 12 maande na Sowetan gesekondeer. Ek is toe pas aangestel as politieke korrespondent om vanuit die parlementêre persgalery verslag te doen. Die redakteur was ervare en hoogs gerespekteer deur die maatskappy wat die koerant in daardie stadium besit het. Hy was 'n indrukwekkende man, sowat twee meter lank en met ’n oorheersende teenwoordigheid. Hy is na Sowetan gesekondeer om ons te help met ons oorgang om ’n topverkoper-koerant te word, met die hoogste leserstal in die land. Hy’t sy werk goed gedoen. Ander moet maar besluit of ons die béste joernalistiek verteenwoordig het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.