Vrae oor News24 se Eskom-exposé

KORRUPSIE BY ESKOM

Vrae oor News24 se Eskom-exposé

Talle vrae bestaan oor Jacques Pauw se onlangse opspraakwekkende artikel op News24 oor die intelligensie-ondersoek deur George Fivaz se forensiese ondersoekmaatskappy na korrupsie by Eskom, asook oor die tydsberekening van die publikasie van die artikel – op die dag toe André de Ruyter voor Skoor moes getuig. PIET CROUCAMP het die redakteur van News24, Adriaan Basson, hieroor gepols.

ADRIAAN BASSON het News24 tot ’n formidabele nuusplatform opgebou. Reeds tydens sy grys verblyf as redakteur van Beeld was ek mateloos beïndruk met die integriteit van sy stryd teen die dikgewrigte in die Afrikaanse media. Soms is sy opgeblase selfvertroue onuitstaanbaar, maar sy oordeel is normaalweg vlymskerp.

Op 26 April het News24 ’n artikel van die veteraan-joernalis Jacques Pauw gepubliseer oor die intelligensie-ondersoek deur George Fivaz se forensiese ondersoekmaatskappy (GFFR) by Eskom.

Die artikel is in die konteks van ondersoekende joernalistiek gedra. Ek en joernaliste wat reeds geruime tyd gelede dele van die Fivaz-verslae onder oë gehad het, is al maande lank skepties oor die gehalte daarvan. Ek is dus onseker of Pauw se “onthullings” dat daar geen bewyse in die verslag is vir sommige van die groteske bewerings wat betref politici soos Gwede Mantashe en David Mabuza se beweerde betrokkenheid by Eskom se korrupsie, noodwendig as ondersoekende joernalistiek kwalifiseer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.