’n Polisiekantoor agter slot en grendel

TSEK!

’n Polisiekantoor agter slot en grendel

INGRID JONES se fôk-jou meter het uiteindelik die rooi geslaan. Niemand neem verantwoordelikheid nie, niemand is verantwoordbaar aan 'n stelsel van uitnemendheid en dienslewering nie. Van die top tot die bottom is daar algehele apatie. Die land brand terwyl die ministers twerk.

BEURTKRAG is die spil waarom ons Suid-Afrikaners se asse draai. Elke dag word beplan rondom die tye soos aangedui op EskomSePush. Ons gaan slaap in die donker en word wakker in die donker. Niemand gee meer om of dit vlak 2 of vlak 8 of vlak 11 is nie. Ons strompel soos zombies voort van een vlak na die ander, maak seker dat die selfone genoeg laaityd het, ma’s staan om middernag moerig en gebukkend oor strykplanke om skoolhemde te stryk, maar kan dan nie uit die motorhuis kom as die oggendstond aanbreek nie, want die battery het ingegee in die nag. Poespas, sê ek jou. Ons gil en skree van De Ruyter tot Ramaphosa tot die dansende minister van elektrisiteit en al wat die drie katotters sê, is: “Ons moet saamstaan” en dan twerk hulle verder.

Wel, my fôk-jou-meter het uiteindelik die rooi geslaan. Blykbaar het beurtkrag die geoutomatiseerde swaaideure van die polisiekantoor in Somerset-Wes se hoofstraat ook onkant gevang, want nou sluit hulle daai swaaideure met skuifslotte en geen mens kan ná sewe diens kry nie. Laat my by die begin begin.

So ’n week gelede moes ek noodgedwonge die poorte van Pringlebaai verlaat om besigheid in die stad te gaan doen. Onder meer moes ek papiere laat sertifiseer en dog toe ek doen dit sommer op pad terug by die Somerset-Wes-polisiekantoor. My plan is om so net ná 18:00 daar om te gaan, want dan is die skelms seker besig met aandete voor hulle die donkerte invaar op hul strooptogte en hopelik is dit ’n lekker stil tyd by die polisiekantoor. Die strate is stil, Eskom het die krag afgeskakel. Selfs die sekswerkers het die geel kring van die lamppale verlaat om die kat in die donker te gaan knyp. Tjoef-tjaf dan is ek klaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.