Wat is die rou ’n bittersoete ding

KOM ONS PRAAT

Wat is die rou ’n bittersoete ding

Ná die dood van haar man, wat ná ’n beroerte vier jaar lank siek, stom en bedlêend was, het INGRID JONES begin twyfel of sy enigsins mens is, want waar is die dam van trane? En toe laat ’n Peaches & Herb-bluesnommertjie haar hart ontplof soos ’n oorryp granaat.

VIR die eerste keer in my 61 jaar op die aarde is ek stoksielalleen in my huisie by die see. My man is onlangs oorlede ná ’n lang siekbed en my dogter het gaan vars lug soek in Suid-Korea vir ’n jaar of twee. Nou’s ek alleen met die plante, die stilte en ellelange, heeldag lange verdomde beurtkrag.

Ek sukkel met die konsep van rou. Daar is die kliniese gesprek, die akademiese aanslag, Elizabeth Kübler-Ross se vyf fases (ontkenning, woede, bedinging, depressie en aanvaarding) en dan die weduwees in swart mantillas en stiletto’s wat hulself wenend op die kiste neerwerp en stadig saam met die groen tapyt na die onderkant van die ses-voet-graf neerdaal. Ek is bewus van die samelewing wat my stip aanstaar wagtende vir die damwal wat moet breek. Ek wag ook … in die nag, in my motor, as ek oor die verlede dink, in ’n onbevange oomblik. Niks. Leeg. Al wat ek weet, is dat ek ’n skuif van slapelose nagte na diep slaap gemaak het. En ek begin twyfel of ek enigsins mens is, want waar is die dam van trane?

My man was siek vir ongeveer vier jaar, stom vir vier jaar as gevolg van ’n beroerte, bedlêend ook. Vier jaar gevul met dae en nagte van op eiers loop terwyl ons op die volgende beroerte wag. Die lewe staan nie stil nie, die oranje verkeerslig flikker net aanhoudend. Die gewag vir die dood is ondraaglik. En bo verwagting haal hy asem vir omtrent vier jaar terwyl ons met opgehoue asem wagstaan. Ons het vier jaar gehad om afskeid te neem, tot siens te sê terwyl die geroggel van die laaste dae die asem met elke teug nader aan die finale uitblaas gebring het. En toe is dit stil...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.