Thandile Mdlungu, slaggatkoning van Windermere Hill

ONS, DIE MENSE

Thandile Mdlungu, slaggatkoning van Windermere Hill

ANNELIESE BURGESS was gefassineer deur die eensame figuur van 'n man in 'n glimbaadjie wat slaggate regmaak op 'n verrinneweerde stuk pad naby Oos-Londen.

EK sien die skraal man vir die eerste keer op pad skool toe. Hy is op Windermere Hill, 'n stuk pad vol slaggate net links van die “Schafli-kruising", soos die plaaslike mense dié oorgang op die Jikeleza-kuspad naby Oos-Londen noem.

'n Enkele figuur met 'n skopgraaf en 'n geskeurde glimbaadjie. Op pad terug van die skool af sien ek wat hy aan die doen is. Hy het 'n klein waentjie vol klippe en grond wat hy na die slaggate karwei. Dit het gereën, en hier by ons in die buurt begin die padoppervlak ná selfs die geringste reënbui opbreek. Die mense het maar daarmee vrede gemaak, soos met byna alles wat 'n bekwame staat andersins sou gedoen het.

Intussen koes en swaai ons tussen die hindernisse deur (of ry op die gras langs die pad) wanneer die slaggate wat deur die gemeenskap self reggemaak is, onvermydelik soos ou vriende weer te voorskyn kom wanneer dit gereën het. Die pad na ons dorp is 'n spesiale weergawe van 50 Shades of Grey danksy die laslappiewerk van gate wat oor die jare deur inwoners self reggemaak is; ons gebruik teer wanneer daar genoeg geld in ons betaal-wat-jy-kan-fonds is, sement as die geld min raak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.