’n Ode aan verpleegsters

ONS, DIE MENSE

’n Ode aan verpleegsters

Wanneer jy vier weke lank ’n geliefde in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal se waakeenheid besoek het, en sy word ondanks alles deurgehaal, kry jy ’n nuwe waardering vir die buitengewone werk wat verpleegsters doen, sê ANNELIESE BURGESS. Die ernstige waarskuwings oor die kritieke tekort aan geskoolde verpleegkundiges en die regering se onverklaarbare houding jeens privaat instellings wat gereed staan om meer op te lei, voel skielik persoonlik.

TWEE keer, soms drie keer per dag. Vir amper vier weke. Deur die glasdeure, op met die trap en af in die gang. In die rigting van die rooi muur met die bord wat wys waakeenheid dié kant toe. Dit wink my nader soos ’n onheilspellende baken.

“Pasiënte in hierdie saal is meer geneig tot infeksie ...” Die woorde op die deur tref my elke keer tussen die oë. Ek ontsmet my hande en druk die deur oop na die saal met agt beddens. Vir ’n hele paar weke het ek nie geweet of my ma dit gaan oorleef nie. Die internis, dr. Siyabonga Mbijekana, se professionaliteit het ’n kalmerende uitwerking, maar hy bied nie vals hoop nie. “Sy is ernstig siek. Ons kon nie haar infeksie onder beheer kry nie. Maar sy is hier in goeie hande.”

Hoe ernstig is die dreigende tekort?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.