EEN van die strengste gekontroleerde studies wat tot nog toe gedoen is oor die uitwerking wat die kos wat ons eet op kognitiewe prestasie het, is ’n Spaanse studie van 2015 wat in die joernaal JAMA Internal Medicine (https://jamanetwork.com/journals/jamainternalmedicine/fullarticle/2293082) gepubliseer is.
Die doel van die studie was om te kyk of ’n Mediterreense dieet wat met bykomende antioksidantryke elemente aangevul is, ’n ander uitwerking op kognitiewe funksie sou hê as mense wat ’n laevet-dieet gevolg het.
Dit was ’n ewekansige parallelgroep- kliniese proef met ’n groep van 447 kognitief gesonde vrywilligers van Barcelona. Die deursnee-ouderdom was 66,9 jaar. Die Prevención con Dieta Mediterránea-voedingsintervensiestudie was van 1 Oktober 2003 tot 31 Desember 2009. Alle pasiënte het neuropsigologiese assessering by insluiting ondergaan en is weer getoets aan die einde van die studie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.